Namibiese paaie besig, ongelukke aangemeld

Aangesien Namibië Onafhanklikheidsdag op Dinsdag 21 Maart in Outapi gaan vier, sal baie Namibiërs op die lang pad wees. Daar is ‘n skerp toename in verkeersvolumes landswyd en verskeie ongelukke is reeds aangemeld. Polisie-sigbaarheid is op die hoofpaaie verhoog om gebruikers aan te moedig om by verkeersreëls te hou en om padongelukke te verminder. Die Namibiese polisie se verkeersafdeling gaan padpatrollies hou. Nampol se hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en maan padgebruikers om versigtig en nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.