Namibiese onderwysministerie maan teen onwettige privaatskole

Tydens die opening van Namibiese skole op 11 Januarie, was daar talle uitdagings met die plasing van leerders in skole, weens ‘n tekort aan skole. Dit is al Maart-maand en daar is steeds leerders wat nie in skole plek gekry het nie. Die onderwysministerie is daarvan bewus gemaak dat daar leerders in onwettige privaatskole onderrig ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie, Edda Bohn, gepraat wat sê daar is verskeie reëlings met leerders getref om ander skole by te woon of klasse word in twee verskillende skofte aangebied.