Namibiese onderwysers ontevrede oor verhoging

Hoe voel Namibiese onderwysers van staatskole nadat die staking van staatsamptenare afgelas is nadat ‘n ooreenkoms in die hoofstad onderteken is? Staatsamptenare kry nou ’n drie persent-verhoging in plaas van die nege persent-verhoging waarop hulle aangedring het. Dit bring die staatsdiens se salarisrekening te staan op byna ‘n miljard Namibiese dollar per jaar. Onderwysers sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n klap in die gesig.