Namibiese omgewingsminister praat oor erge droogtes by COP26

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag by die Klimaatberaad, COP26, in Glasgow gesê Namibië se omgewing is hoogs sensitief en weerloos, met droogtes wat erger en meer gereeld weens klimaatsverandering gaan voorkom. Shifeta het gesê 90 persent van die land is semi-dor, dor of hiper-dor, maar landbou-aktiwiteite word oor 70 persent van die land deur twee-derdes van die bevolking uitgevoer.