Namibiese omgewingsminister gaan Dallas-jagskou bywoon

Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, en sy afgevaardigdes sal saam met jagters van regoor die wêreld vanaf 5 tot 8 Januarie die 41ste Dallas Safariklub Jagskou en -Konferensie in die VSA bywoon. Talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste woon gewoonlik die jagskou by. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die land sal as jagbestemming in Texas bemark word.