Namibiese Nasionale Boere-vereniging: Hervorm Meatco

Die Namibiese Nasionale Boere-vereniging, die NNFU, wat hoofsaaklik voorheen benadeelde boere in kommersiële en kommunale gebiede verteenwoordig, het hul stem van ondersteuning bygevoeg vir die hervorming van Meatco en die belangrikheid van die sogenaamde rooilyn as ‘n veeartseny- beheerheining. Landuleni Uugulu, nasionale koördineerder van die NNFU, sê die vereniging eis ‘n formele ooreenkoms met die regering oor die befondsing en implementering van sleutel-ingrypings wat bemarking kan ontsluit en die vee-sektor in die noordelike streke kan verbeter. Plaaslike landboukundige Wallie Roux deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus.