Namibiese Mynbou-ekspo vind weer plaas

Die 9de Namibiese Mynbou-ekspo en -konferensie sal vir die eerste keer sedert die Covid-pandmie weer vanjaar deur die publiek bygewoon kan word. Die Mynbou-ekspo sal van 31 Augustus tot 1 September 2022 by Windhoekse skougronde plaasvind. Vanjaar se ekspo sal saamval met ‘n beter vooruitsig vir die mynbedryf. Veston Malango, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarna ekspo-gangers kan uitsien.