Namibiese modelle soek beter werksomstandighede

Namibiese modelle het hulself gemobiliseer om beter salarisse te verdien. Hulle praat al lankal oor die onbevredigende werksomstandighede waaraan hulle onderworpe is. Talle beweer dat hulle moet smeek vir hul betaling, lank nadat funksies plaasgevind waar hulle opgetree het. Luis Munana, ‘n bekende model en stigter van die Windhoek Mode-week, sê daar is ‘n wanbalans in die modebedryf. Hulle werk lang ure en word min vir TV-advertensies en veldtogte betaal. Munana sê modelle oorweeg ook nou ‘n minimumloon. June Shimuoshili, ‘n vermaakjoernalis, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy stem saam.