Namibiese minister van finansies voorspel ekonomiese groei van 1,9%

Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê die middeltermyn begroting word ter tafel gelê in baie moeilike ekonomiese omstandighede. Hy sê ongelyke ekonomiese herstel word voorspel deur die IMF en kommoditeitspryse sal herstel. Plaaslik is ekonomiese herstel stadig as gevolg van lae inentings en hy sê die entstof is die belangrikste wapen. Namibië se ekonomie sal vanjaar met 1,9 persent groei. Die begrotingstekort is op 8,9 persent van BBP en skuld staan op 62 persent van BBP.