Namibiese mans het dieselfde regte as vroue

Die regte van mans is plaaslik in die nuus met die minister van justisie Yvonne Dausab wat sê vals klagte van verkragting neem plaaslik toe en dat vroue dit gebruik vir afpersing en uitbuiting. Oor die algemeen word daar nie veel aandag geskenk aan die mishandeling van mans in verhoudings nie maar, volgens Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, het mans presies dieselfde regte as vroue. Sy gee toe dat afpersing ‘n probleem is.