Namibiese landbouminister praat in NV oor plan vir suiwelbedryf

Namibië se suiwelbedryf veg vir oorlewing midde produksievolumes wat afneem en hoë produksiekoste wat produseerders laat handdoek ingooi. Dit bedreig ook sowat 1 500 werksgeleenthede in die sektor. In ‘n verklaring van die Namibiese Landbou-unie het kommoditeite-analis, Petrina Sakaria, gesê die grootste slag vir die suiwelbedryf is die verliese wat die afgelope vyf jaar gely is. Landbouminister Calle Schlettwein, het vandag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord oor wat die regering se korttermynplan vir die bedryf is.