Namibiese krieketspan open teen Sri Lanka in T20 Wêreldbekertoernooi in Aus

Opgewondenheid heers oor die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbekertoerooi 2022 wat vanaf 16 Oktober tot 13 November in sewe Australiese stede gaan plaasvind. Die wêreld se beste manskrieketspelers van 16 lande gaan in 45 wedstryde teen mekaar te staan kom, nadat die wedstrydbepalings bekendgemaak is. Namibië is deel van die T20 Wêreldbeker en sal op 16 Oktober in die openingswedstryd teen Sri Lanka te staan kom, sê die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, Johan Muller, aan Kosmos 94.1 Nuus.

https://iframe.iono.fm/e/1147607