Namibiese Korrektiewe Dienste waarsku teen skelmstreke

Die Namibiese Korrektiewe Dienste waarsku die publiek om nie geldelike betalings te maak aan enigiemand wat beweer dat hy of sy ‘n korrektiewe beampte is, wat geld namens ‘n gevangene versoek nie. Dit volg ná ‘n voorval van so ‘n swendelskema by een van die fasiliteite. Salmi Hangula, hoof van openbare betrekkinge van korrektiewe dienste, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie skelms gebruik baie truuks soos om gevangenes op parool uit te kry sodra ‘n betaling gemaak is. Sy het die publiek versoek om hierdie skelmstreke by die polisie of die korrektiewe dienste-kantore aan te meld.