Namibiese kookkuns bly verras, Gheanan in Indië vereer

Gheanen Rudolph, ‘n tweedejaarstudent van die Silver Spoon Hospitality Academy in Windhoek, wat Namibië by die 2023 Jong Sjef Olimpiade in Indië verteenwoordig, is gekroon as die opkomende ster van die kompetisie. Hierdie kompetisie is vir die eerste keer in 1995 gehou en is vir die negende keer aangebied. Sjef Terry Jenkinson van die akademie, wat Rudolph na Indië vergesel het, sê Namibiërs kan trots wees op Ghaenen. Die twee sal vandag in Namibië aankom.