Namibiese Kamer van Mynwese sê goud vaar uitstekend

Die Namibiese Kamer van Mynwese het gereageer op die jongste Namibiese handelsyfers. Op ‘n maandgrondslag het uitvoere in Julie vanjaar met 49 persent gedaal as gevolg van laer koper-, vis- en diamant-uitvoere. Invoere het ook ‘n afname getoon en teenoor Junie, het dit met 23 persent gedaal, veral as gevolg van koper en koper-erts vanuit Zambië. Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ondanks die Covid-pandemie vaar goud uitstekend en koper doen beter.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *