Namibiese Jeugrugby-toernooi in Julie in Windhoek

Die eerste Momentum Namibiese Jeugrugby-uitnodigings-toernooi sal van 11 tot 15 Julie by Windhoek Hoërskool se FNB Vegkopstadion plaasvind. Twaalf hoërskoolspanne sal in die mini-toernooi vir onder.19’s meeding. Vanjaar sal rugbyspanne van Suid-Afrika en moontlik Zimbabwe ook deelneem. Tot dusver het HTS Middelburg, Paarl Jongenskool, Rondebosch en Peterhouse Boys’ School van Zimbabwe, reeds hul deelname bevestig. Die ses Namibiese hoërskole wat sal deelneem is HTS Windhoek, Privaatskool Moria, Pro-Ed Akademie, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Gimnasium en Windhoek Hoërskool.