Namibiese jeugministerie stel derde nasionale jeugbeleid bekend

Die Namibiese regering het vandag deur die jeugministerie die derde nasionale jeugbeleid van stapel gestuur. Die nasionale jeugbeleid van Namibië is die eerste keer in 2006 bekendgestel. Die Nasionale Jeugraad se uitvoerende voorsitter, Sharonice Busch, het die jeugministerie geprys oor die beleid en gesê dit dui aan hoe belangrik die jeug vir die regering is.