Namibiese inligtingsminister besoek eweknie in Botswana
Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga sal van 7 tot 9 Augustus 2023 ‘n driedaagse werkbesoek na Botswana onderneem. Hy sal konstruktiewe gesprekke met sy eweknieë van Botswana, die minister van kommunikasie, kennis en tegnologie, en die minister in die Presidensie voer. Die fokus sal wees op die bevordering van samewerking op verskeie gebiede, insluitend inligtingstelsels, kommunikasiedienste, telekommunikasie, en data-swerwingkoste binne die SAOG-streek. Hy sal vergesel word dr. Audrin Mathe, die uitvoerende direkteur in die inligtingsministerie, asook die uitvoerende hoofde van NBC, New Era, Cran, en die uitvoerende sekretaris van die Namibiese Film-kommissie.