Namibiese huurpryse styg effe

Volgens FNB se huurprys-indeks het huurpryse in Namibië in Maart 2022 met 0,6 persent op ‘n jaargrondslag gestyg, vergeleke met huur-inflasie van 1,4 persent op ‘n jaargrondslag wat in Maart 2022 deur die Namibië Statistieke-agentskap aangeteken is. Die nasionale gemiddelde maandelikse huur het volgens FNB van 6 926 Namibiese dollar in Maart 2021 tot 6 964 in Maart 2022 gestyg. Die Affirmative Repositioning-beweging wat veg vir die regulering van huur in Namibië, is nog steeds in die stryd met die regering, sê die woordvoerder Simon Amunime aan Kosmos 94.1 Nuus.

Amunime sê op die oomblik kan ‘n verhuurder enige huurbedrag vra.