Namibiese huurmark groei weer

Namate die impak van Covid-pandemie afneem en die meeste ekonomieë herstel, groei die huurmark van eiendom weer in Namibië. Aan die einde van 2021 het die gemiddelde huur-indeksgroei van 12 maande ‘n inkrimping van 0,7 persent getoon. Dit verteenwoordig ‘n aansienlike verbetering in vergelyking met ‘n inkrimping van 2,1 persent wat ‘n jaar vroeër aangeteken is. Die gemiddelde huurprys aan die einde van 2021 het op 6 728 Namibiese dollar te staan gekom vanaf 6 747 dollar die vorige jaar. First National Bank Namibia se marknavorsingsbestuurder, Frans Uusiku, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.