Namibiese handelsministerie waarsku teen slenter

Die Namibiese handelsministerie het met groot kommer ‘n slenter in die vorm van ‘n beroep op befondsing waargeneem wat op sosiale media versprei word. Daar word deur International Development Association ‘n beroep op Namibiërs gedoen om aansoek vir befondsing te doen, maar die ministerie se skakelbeampte, Anna Salkeus, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit is ‘n slenter.