Namibiese Grondwet meer toeganklik
Die Konrad Adenauer-stigting in Namibië en Angola, saam met die Namibiese Wetenskaplike Vereniging en die Minds in action Steam-sentrum, nooi almal uit om die toeganklikheid van die Namibiese Grondwet te bespreek deur middel van ‘n mobiele toepassing in Braille en verskeie plaaslike tale. Die geleentheid vind môreaand ses uur by die vereniging in Robert Mugabe-rylaan in die hoofstad plaas. Toegang is gratis. Die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Ruth Moldzio het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…