Namibiese gesondheidsministerie gee verduideliking oor Sputnik-entstof

Die Namibiese gesondheidsministerie het op 22 Oktober tydelik die Russiese Covid-entstof Sputnik opgeskort. Dit volg na die bevinding van die Suid-Afrikaanse medies owerheid, Sahpra, dat die gebruik van die entstof kan veroorsaak dat mans makliker MIV kan opdoen. Naemi Shoopala, direkteur van primêre gesondheidsorg in die gesondheidsministerie verduidelik waarom Namibië die besluit geneem het.

Sy het gesê diegene wat hul eerste dosis van die Sputnik-entstof ontvang het, kan voortgaan om vir hul tweede dosis te gaan.