Namibiese gesondheidsministerie: Covid is onder beheer

Namibië se gesondheidsministerie het twee Omikron-subvariant-gevalle, genaamd Kraken, in die land bevestig en soos Suid-Afrika nog geen veranderinge aan reisbeperkings gemaak nie. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla het verskeie maatreëls aangekondig om die verspreiding van die Omikron XBB een punt vyf subvariant te verhoed. Dit sluit in verskerpte waarneming en om versterkings-inentings vir mense ouer as 50 jaar te bevorder. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Covid-situasie is onder beheer in die land.