Namibiese ekonoom reageer op SA BBP-herstel

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die nuutste syfers oor bruto binnelandse produkte as vals nuus bestempel. Statistiek Suid-Afrika het gister onthul dat die BBP-herstel in die eerste kwartaal op ‘n jaarlikse groeikoers van 4,6 persent is. Saftu se Trevor Shaku sê die hoofsyfers fokus slegs op ‘n valse veranderlike, BBP. Kosmos 94.1 Nuus het die ekonoom Robert McGregor gevra vir sy mening oor Saftu se verklaring en of dit ook waar is vir Nambië.