Namibiese eiendomskenner gee uitdagings van huismark

‘n Namibiese eiendomskenner het gereageer op Suid-Afrika se huismark wat steeds skitter, met huisprys-inflasie in die buruland op sy hoogste in vyf jaar ondanks 16 maande van ‘n pandemie en die onlangse onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng. Anne Thandeka Gebhardt het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat die huismarksituasie in Namibië is, veral vir eerste kopers van eiendom.

Gebhardt het gesê een van die uitdagings is dat banke nie gretig is om lenings aan Namibiërs te gee nie, omdat hulle bo hul middele lewe.