Namibiese damvlakke staan gesamentlik op 80,7 persent

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin, het damvlakke vanaf verlede week se gesamentlike vlak van 80,9 persent na 80,7 persent gedaal. Damme wat die sentrale streek van water voorsien, staan nou op 76,1 persent, teenoor verlede week se 76,7 persent. Damme in die Suide is gesamentlik tans 86,7 persent vol teenoor verlede week se 86,8 persent.