Namibiese damme voller as verlede jaar

Namibië se gesamentlike damvlakke het vanaf verlede week met 6,2 persent vanaf 87,5 persent tot 81,3 persent gedaal. Die sentrale streek se damvlakke staan op 77,9 persent, terwyl die Suide se damme gesamentlik 87,1 persent vol is. Gobabis se damme is slegs 34,9 persent vol, maar die Tilda Viljoendam is 71,2 persent vol teenoor die 31,1 persent verlede seisoen.