Namibiese damme leër as verlede jaar

Namibiese damme is tans gesamentlik 70,6 persent vol teenoor verlede jaar se 84,4 persent. Water word steeds vanaf die Swakoppoort en Omatako-dam na die Von Bachdam gepomp. Die Swakoppoort se vlak staan op 78,2 persent en Von Bach op 30,1 persent. Water word ook van die Otjiverodam na die Tilda Viljoendam by Gobabis oorgepomp, wat nou 36,1 persent vol is. Kommer heers oor die Hardapdam met ‘n verlies van 2,018 miljoen kubieke meter water met sy vlak op 43,5 persent. Verlede jaar hierdie tyd was die Hardapdam 72,2 persent vol.