Namibiese damme is saam 79,9% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 79,9 persent  vol, teenoor verlede jaar se 82,6 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 88,6 persent vol, ondanks verliese van 2,726 miljoen kubieke meter water uit die Hardapdam en 1,092 miljoen kubieke meter uit die Neckartaldam. Sentrale damme is tans 57,2 persent vol teenoor verlede jaar se 81,1 persent dieselfde tydperk. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 21,6 persent vol teenoor verlede jaar se 36,2 persent.