Namibiese damme is saam 74,1% vol 

Namibiese damme is tans gesamentlik 74,1 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Suide-damme is gesamentlik 83,2 persent vol, ondanks ‘n verlies van 2,033 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam en 2,548 miljoen kubieke meter water vir besproeiing uit die Hardapdam. Sentrale damme is tans 46,3 persent vol teenoor verlede jaar se 64,6 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 36,8 persent. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 16 persent vol teenoor verlede jaar se 28,7 persent met die Tilda Viljoendam se vlak op 43,1 persent.