Namibiese damme is saam 56,1% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 56,1 persent  vol teenoor verlede jaar se 81,3 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 67,8 persent vol, teenoor verlede jaar se 87,1 persent. Altesaam 1,332 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam onttrek en die dam is nou 63,1 persent vol en die Nautedam staan op 92,6 persent. Sentrale damme is tans 54,9 persent vol teenoor verlede jaar se 77,9 persent dieselfde tydperk. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 20,6 persent vol teenoor verlede jaar se 34,9 persent.