Namibiese damme is gesamentlik 68% vol

Namibië se damme is tans gesamentlik 68 persent vol. Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is die damme in die sentrale streek 85,1 persent vol, teenoor verlede seisoen se 78,3 persent. Die Swakoppoortdam is die volste op 94,6 persent, die Von Bachdam is 72 persent vol en die Omatakodam 85,3 persent. Die damme in die Suide se totale kapasiteit staan op 73,6 persent met die Nautedam wat 98,5 persent vol is, die Oanob 93,2 persent vol en die Hardapdam 66,5 persent. In die Ooste is damkapasiteit slegs 38,1 persent vol, maar die Daan Viljoendam staan op 78,9% persent en die Tilda Viljoendam op 73,7 persent.