Namibiese damme baie voller as verlede seisoen

Namibiese damme se gesamentlike vlakke het vanaf verlede week met ses persent afgeneem. Damme is nou gesamentlik 81,5 persent vol teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar van 49,5 persent. Die sentrale streek se damme is 78,2 persent vol, terwyl die Gobabis se damme slegs 35,2 persent vol is. Die Suide-damme staan op 87,3 persent teenoor verlede seisoen se 49,3 persent.