Namibiese Covid-sterfgevalle neem af

Die Namibiese gesondheidsministerie het 26 Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 664 nuwe gevalle uit 2 172 toetsuitslae. In die groep is 60 leerders, 16 onderwysers, nege studente en 34 gesondheidswerkers. Daar is nou 22 503 aktiewe gevalle, waarvan 563 pasiënte in hospitale en 115 in intensiewe sorgeenhede is.