Namibiese bus en taxi-tariewe bly vir eers dieselfde

Die Namibiese Bus en Taxi vereniging, NABTA, het bekendgemaak dat bus en taxi-tariewe dieselfde sal bly op 1 November en nie verhoog word soos aanvanklik beplan is nie. NABTA wys in ‘n verklaring daarop dat die besluit geneem is om onnodige vrywing met die owerheid te vermy en ‘n beroep op passasiers gedoen om bus en taxi dienste te respekteer, terwyl hulle voortgaan met onderhandelings vir ‘n tariefverhoging.