Namibiese boere bly positief na ‘n moeilike jaar

Dit was ‘n moeilike jaar vir die meeste boere in Namibië om verskeie redes soos droogte en verwoestende veldbrande wat 2,5 miljoen hektaar in die land vernietig het. Verskeie boere het ook vee, wild infrastruktuur in die brande verloor. Boere in verskeie dele van die land wag ook steeds vir die groot reën. Piet Gouws, president van die Namibiese Landbou-unie sê die bedryf bly positief oor 2022.