Namibiese atlete doen goed by die Paralimpiese Spele in Tokio

Nuus van die Paralimpiese Spele..die Namibiese veteraan-naelloper Ananias Shikongo is vandag in die finaal van die 400 meter T11-klas vir blindes by die Spele in Tokio. Saam met sy gids Sem Shimanda het hy gister die uitdun gewen met ‘n tyd van 51.22 sekondes. En nog goeie nuus van die spele is dat die Namibiese naelloper Johannes Nambala vanoggend eerste gekom in die T13 100 meter uitdun met ‘n tyd van 11,03 sekondes en hy kwalifiseer dus ook vir die finaal later vandag.