Namibiërs wag nog op prysverlaging van Covid-toetse, SA wil nog laer

Terwyl Namibiërs nog wag op prysverlagings van Covid-toetse, het die Suid-Afrikaanse Raad vir Mediese Skemas gesê dit poog steeds om die prys van Covid-19-toetse nog verder te verlaag, ten spyte van die 500-rand-ooreenkoms. ‘n Woordvoerder van die raad, John Letsoalo, het gesê hulle is tevrede met die kosteverlaging, maar die prys van die toets moet meer bekostigbaar wees. Pathcare, Ampath en Lancet het ingestem om die prys van hulle Covid-toetse onmiddellik van 850 rand tot 500 rand te verminder vir ‘n tydperk van twee jaar.