Namibiërs stroom na inentingsentrums

Met entstowwe wat weer in Namibië aangekom het, stroom Namibiërs na inentingsentrums. Nadat Namibië se entstowwe opgeraak het, het paniek onder sommige mense posgevat, veral diegene wat vir hul tweede inenting moes wag. Sommige mense het hul frustrasie uitgespreek omdat hulle vandag sowat twee ure vir hul inenting moes wag. Dr. Fourie van den Berg van die NG Kerk Eros, een van die inentingsentrums in die hoofstad, het bevestig dat AstraZeneca beskikbaar is en dat dit onnodig is dat mense na die inentingsentrums stroom uit vrees dat entstowwe weer kan opraak. Van den Berg het Windhoeksers gerusgestel en aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is genoeg entstowwe.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *