Namibiërs reis meer in Oktober 

Namibiese gaste by plaaslike gasvryheidsondernemings het van 16 persent in September 2022 tot 22,2 persent in Oktober 2022 toegeneem, volgens Simonis Storm. Dit is die tweede agtereenvolgende maand wat meer Namibiërs akkommodasieplekke besoek. Die meeste gaste was afkomstig van Duitsland, Switserland en Oostenryk, altesaam 39,7 persent, gevolg deur Frankryk, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk, Ierland en Italië. Gasvryheidondernemings in die Noorde het die hoogste besettingsyfer van  61,3 persent in Oktober aangeteken, gevolg deur die kusgebied.