Namibiërs moet eienaarskap van olie-bronne

Die hoof uitvoerende beampte van ReconAfrica Scot Evans het aan plaaslike media gesê Namibiërs kan groot voordeel uit sy maatskappy se olie-eksplorasie trek mits hulle eienaarskap van die projek vat. Evans het bygevoeg dat daar verskeie fases in die eksplorasie is en dat die wetgewing in Namibië toelaat dat betrokkenheid in al die fases kan plaasvind dus sê hy Namibiërs moet by hulle aansluit in hulle pogings om olie te ontgin. Die beste uitkoms kan wees as die projek uiteindelik heeltemal deur Namibiërs bestuur en gedryf word en dat die besluite plaaslik gemaak word.