Namibiërs moet dringend begin water bespaar

Namibië sal vir die volgende 4 – 7 jaar gebuk gaan onder waterskaarste, volgens die informasie-minister, Emma Theofelus. Sy het by die Kabinet inligtingsessie in Windhoek gesê dit is van die uiterse belang dat burgers 5 persent water moet bespaar. Dit kom ten spyte van die opgraderings by onder meer die Berg Aukas, Gammams en Otjomuise rioolskema.