Namibiërs is nie so goedgelowig oor sektes

Namibiërs is goedgelowig, maar sal volgens ‘n plaaslike kerkleier nie sommer vir kultus-groepe val soos die een in Kenia nie. Die dodetal wat verband hou met ‘n uithongerings-kultus in Kenia het al meer 400 bereik. Die polisiehoof van die kusgebied, Rhoda Onyancha, sê ondersoeke het moontlike betrokkenheid van mense-orgaanhandel aan die lig gebring, aangesien van die slagoffers se organe vermis Die kultusleier, Paul Mackenzie, hoof van die Good News International Church het na bewering sy volgelinge op ‘n gevaarlike pad van uithongering gedwing, en hulle beloof hulle sal onmiddellik hemel toe gaan. Kosmos 94.1 Nuus het Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gesels of kultus-groepe ‘n faktor is en of Namibiërs kwesbaar is om vir sulke groepe te val…