Namibiër eerste vrou uit Afrika wat internasionale mediaforum lei

Namibia Media Trust se direkteur, Zoe Titus, is die eerste vrou uit Afrika om as die voorsitter van die Wêreldforum vir Media-ontwikkeling gekies te word. Sy is tydens die algemene vergadering van die forum in Tirana in Albanië tot die leierskapsposisie vir vier jaar verkies. Die forum is ‘n gesogte internasionale netwerk van ondersteuning vir joernaliste en media ontwikkelingsorganisasies wat daarop gemik is om ‘n volhoubare toekoms vir joernalistiek te skep. Titus deel haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.