Namibië wil meer plaaslik produseer

In Namibië is ‘n behoefte om plaaslike produkte te bevorder en plaaslike produseerder te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het aan die voorsitter van Team Namibië, Pieter van Niekerk, gevra of hulle plaaslike markte sal oorweeg waar kleinskaalse produseerders hul produkte kan uitstal en verkoop. Van Niekerk sê dit is ‘n uitstekende idee om boeremarkte te reël, maar die Covid-regulasies moet steeds in ag geneem word.