Namibië wil kweekhuisgasvrystellings drasties verminder

Ingrypings is nodig om enige potensiële wêreldwye katastrofes weens klimaatsverandering werklik hok te slaan. Om streeks- en internasionale leierskap in hierdie poging te toon, het Namibië ‘n doelwit gestel om sy kweekhuisgasvrystellings teen 2030 met 91 persent te verminder. Een industrie in Namibië wat aggressiewe stappe gedoen het om hierdie ambisieuse, dog haalbare doelwit te bereik, is die Hitte, Ventilasie, en Verkoelingsektor. Die president van die vereniging van hierdie sektor in Namibië, Parastus Nepolo  sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle bied in vennootskap met die Nasionale Osoon-eenheid, op Dinsdag 14 Maart die “Decarbonising Namibia”-konferensie aan.