Namibië voer minder alkohol, nie-alkoholiese drank in

Namibië het in Julie 15 persent minder alkohol ingevoer en nie- alkoholiese drank se invoere het met 72,2 persent verminder, volgens ‘n verslag van die Namibië Statistieke-agentskap. Namibië het in Julie 22 780 hektoliter nie-alkoholiese drankies ingevoer teenoor die 81 958 hektoliter in Junie. Suid-Afrika is die hoofbron van invoere met 81,3 persent, gevolg deur Botswana met 13,7 persent en Duitsland se 3,7 persent.