Namibië vier ook Wêreld-veldwagtersdag

Wêreld-veldwagterdag word Sondag op 31 Julie gevier. Wêreld-veldwagterdag bring hulde aan veldwagters, die onbesonge helde wat kwynende natuurlike hulpbronne beskerm, bewaar en verdedig. Namibië se omgewingsministerie sluit by die wêreld aan om hierdie dag te herdenk. Namibiese veldwagters moet bedreigde spesies soos renosters en ietermagôs teen stropers en internasionale wildmisdaadsindikate beskerm. Manie le Roux van die omgewingsministerie het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel hoe belangrik dit is om Wêreld-veldwagtersdag te herkdenk.