Namibië vier 24ste Wêreldmusiekdag Vrydag by FNCC

Namibië vier sy 24ste Wêreldmusiekdag Vrydag. Die Franco-Namibiese Kultuursentrum bied musiekoptredes in die hoofstad aan met bekende sangers Riaan Smit en Lin-Marie, asook die rumba-orkes Viva Kalahari. Dit begin Vrydagaand om ses-uur en duur tot tien-uur. Fabienne Conradie, kulturele kommunikasiebeamtpe van die sentrum nooi almal uit en sê toegang is gratis.